Tel jou woorde

Met hierdie reeks boodskappe, na aanleiding van die Algemene Sendbrief van die Apostel Jakobus, skenk ons aandag aan die dinge wat ons sê.  In elkeen van die 5 hoofstukke van hierdie brief is daar bepaalde verwysings na dinge wat gesê word.  Dit is duidelik: Ons moet ons woorde tel, want woorde tel.  

Preke in die reeks

Jak. 1:19 leer ons dat ons gou moet wees om te hoor, stadig om te praat, en stadig om toornig te word.  En ons moet juis aan hierdie raad aandag gee, want anders kan dit ons getuienis skade doen.

Ons moet ons woorde tel, want ons woorde en die optrede wat daaruit spruit, spreek van ons gesindheid teenoor ander. Ons verhouding met die Here moet daarvan spreek dat ons nie partydig is nie (Jak. 2:1).

Ons moet leer om ons tonge in toom te hou – en dit moet ‘n konstante en voortdurende verbintenis wees sodat ons die goeie gevolge daarvan kan geniet. Ons volg Jakobus se praktiese raad en voorstelle in Jak. 3:1-12.

Dit is belangrik om doelgerig te wees, maar hoe moet ons hierdie doelgerigtheid uitleef teen die agtergrond van Jak. 4:13-17?