Vind vreugde in klein dingetjies
Philip de Jager
Die lewe is 'n besige affêre. 'n Dolle gejaag na die volgende afspraak of vergadering. Ons jaag verby goed en die lewe jaag by ons verby. Die jaar is nog kraakvars, en miskien voel jy al doodmoeg. Dit is die gejaag wat daartoe aanleiding gee dat ons dikwels die vreugdes van klein dingetjies misloop. Hier by ons by die huis maak twee kwikstertjies elke dag vroegoggend hulle verskyning. Die besoek vind nou al vir maande aaneen plaas. Hulle kom kry iets om te eet. Hulle stap ewe kordaat en gemaklik by die voordeur in en tjirp om ons te laat weet dat hulle hier is. Hulle het so mak geword dat hulle glad nie wegvlieg as ons nader beweeg nie. Dit is 'n vreugde om die twee voëltjies elke dag te sien. Hulle leer my opnuut om nie so te jaag nie en om die vreugde van klein dingetjies nie te verjaag nie.
Lees
Pred. 3:13
Matt. 5:25-34
Vorige oordenkings
Lag is goeie medisyne
Philip de Jager
Die anderkant van die binnekant
Philip de Jager


