Gesonde en gelukkige gesinne

Philip de Jager

21/07/2026

Die gesin is die primêre bousteen van die gemeenskap.  Hoe meer gesonde en heel gesinne daar is, hoe sterker kan die positiewe uitwerking daarvan op die gemeenskap wees.  Dit is 'n groot troos en vreugde om deel van 'n gesonde en gelukkige gesinstruktuur te wees.  Gesonde en gelukkige gesinne is 'n veilige vesting vir kinders en 'n lekker tuiskom-plek vir ouers na 'n lang dag se moeite.

Die gesin is die mees-basiese manier waarop God mense saambring, en wanneer gesinne saam met mekaar die Here dien is dit 'n verruklike ervaring wat 'n mens met onbeskryflike genoegdoening vervul.  'n Gesonde en gelukkige gesinstruktuur stel gesinne beter in staat om die uitdagings en eise van wisselende omstandighede te hanteer.

Moeilike dinge tref ook gesonde en gelukkige gesinne, maar hulle hanteer dit anders.  Daarom kan gesonde en gelukkige gesinne ook eerlik sê: "We may not have it altogether, but together we have it all."  En ons weet, dit is die Here wat ons help sodat ons 'n gesonde en gelukkig gesin kan wees.  Hy help ons om die instandhoudingswerk in ons gesin te doen en om dit op datum te hou.

Lees

Jos. 24:14, 15

Vorige oordenkings