Klein veranderinkies groot impak

Philip de Jager

14 Jul, 2026

Om die koers en trajek van jou lewe te verander vereis nie altyd groot ondernemings nie. Dit verg soms eerder daardie konstante verbintenis om by klein veranderinkies te bly. Dit is soos om 'n klein klippe in die water te gooi en dan te sien hoe die rimpelings verder en wyer uitkring. Wat is daardie een dingetjie waaraan jy vandag kan aandag skenk - om daarmee te volhard - sodat dit 'n gevestigde lewenspatroon kan word; sodat dit 'n gewoonte kan word? Begin net iewers; kom aan die gang. Moet nie langer uitstel nie. Gee vandag 'n tree in 'n nuwe rigting met 'n ander gesindheid - en jy sal verbaas wees om te sien hoe ver jy vorder en hoe die pad algaande mooier word en jy beter voel. En moet nie alleen reis nie. Nooi Jesus uit om saam met jou te stap, want Hy gee die vermoeides krag.
"‘n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ‘n wens wat uitkom, is ‘n lewensboom."
[Spr. 13:12]