Uitnemendheid

Philip de Jager

10/03/2026
Dit is goed en mooi om jouself tot uitnemendheid te verbind.  Uitnemendheid spreek van heelhartige toewyding.  Uitnemendheid is soos ‘n koninklike seël wat die passie van iemand se betrokkenheid by ‘n saak bevestig.  Uitnemendheid is die innerlike dryf om met dit wat jy tot jou beskikking het die beste te lewer.  Uitnemendheid spruit uit die intensionele verbintenis om wat jy ook al doen – soos vir die Here te doen.  Uitnemendheid bewerkstellig ‘n stuk genoegdoening, want jy geniet wat jy doen en jy doen wat jy geniet.  Dit is ook baie duidelik dat uitnemendheid en middelmatigheid nie vennote is nie.  Vriende, die volgehoue verbintenis tot uitnemendheid kweek vrymoedigheid; wat ons herinner aan die insiggewende waarneming van Spr. 22:29: “Sien jy ‘n man wat vaardig is in sy werk – hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.”  Luister, uitnemend neem jou na plekke waarvan halfhartigheid nog nie eens oor gedroom het nie.

Lees

Spr. 22:29
Kol. 3:22-24

Vorige oordenkings

Diep en stiller

Diep en stiller

Philip de JagerWanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie.  Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller.  Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller.  In...

Diep en vergenoegdheid

Diep en vergenoegdheid

Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie.  Ook nie na meer van dit of meer dat nie.  Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...

Jy leef my raak

Jy leef my raak

Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak.  Mense wat ons raak leef.  Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons.  Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...