Wie ons is

Dit is ‘n groot vreugde om jou meer van die Leef die Woord Bediening (LDW) te vertel.  Hierdie Bediening bestaan reeds sedert 2001.  Philip en Heleen de Jager is die stigterslede van LDW.  Reeds van die ontstaan van LDW was dit ons begeerte en intensionele verbintenis om deur enige van ons publikasies mense te ondersteun op hulle geloofsreis.  Hier sal jy merk dat ons klem plaas daarop dat jy die Bybel sal lees, leer en leef.  Ja, om God se waarheid jou werklikheid te maak.  Ons verklaar dat die Woord van God die reël vir geloof en lewe is.

Op 28 Julie 2024 het ons saam met ‘n groep Christen vriende gekuier.  Onder ons het daar ‘n behoefte ontstaan om weekliks bymekaar te kom en net lekker saam rondom die Woord van die Here te kuier.  Aanvanklik was ons 28 persone.  Hierdie groep het gegroei; en groei steeds, tot waar ons vandag is, ‘n gemeente-groep wat hier in Mosselbaai bekend is as Leef die Woord.  Ons vertrou die Here vir ons volgende stap, en is opgewonde oor die avontuur en reis.  Indien jy in die mooie Mosselbaai is, nooi ons jou graag uit om saam met ons ‘n byeenkoms te geniet.  Ons sal jou graag ontvang en jou baie tuis en welkom laat voel.

Ons vertrou dat jy baat sal vind by Leef die Woord en dat jy waarlik sal beleef dat die woord van God in jou werk – omdat jy die waarheid daarvan glo (I Th. 2:13).