Die Evangelie
Die grootste en belangrikste volgende tree wat enige persoon
in sy/haar geloofsreis gee is om Jesus Christus as
persoonlike Saligmaker en Verlosser aan te neem.
Dit is om Jesus Christus die Here van jou lewe te maak.
Om dus jou ganse lewe aan Hom oor te gee en
volkome op Hom te vertrou vir jou redding.
God het jou lief
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
Joh. 3:16
Hy het ‘n wonderlike plan vir jou lewe
“… Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
Joh. 10:10
Die mens is sondig
“want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,”
Rom. 3:23
Van God geskei
“Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.”
Rom. 6:23
Jesus het gesterf
“maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”
Rom. 5:8
Hy het opgestaan
“aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het …”
Hand. 1:3
Hy is die enigste weg
“… Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
Joh. 14:6
Jy neem Jesus persoonlik aan
“Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;”
Joh. 1:12
Jy neem Jesus deur
die geloof aan
“8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.”
Ef. 2:8-9
DIE BESTE NUUS OOIT!
Jy het nie nodig om iets te doen nie. Jesus het klaar alles gedoen wat nodig is. Jy moet dit glo dat Jesus Christus die Saligmaker en Verlosser is; dus dat Hy die Een is wat jou redding bewerkstellig het, en hierdie gelowige oortuiging moet jy met jou mond bely – jy moet hierdie gelowige oortuiging UITSPREEK!
“9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.”
Rom. 10:9-10
Deur dit te doen, doen jy wat daar in Hand. 2:21 staan:
“En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”
Hier is ‘n voorbeeld van so belydenis of gebed, wat jy kan doen:
“Jesus, dankie dat U vir my sondes gesterf het en dit vir my moontlik maak om die ewige lewe deelagtig te kan word. Ek bely met my mond dat ek glo dat U die enigste Verlosser en Saligmaker is. Ek bely met my mond dat ek glo dat U nie net die enigste Verlosser en Saligmaker is – maar dat U ook my persoonlike Saligmaker en Verlosser is. Ek roep U aan om my Redder te wees. Dankie dat ek nou weet dat ek ook die ewige lewe deelagtig geword het. Amen.”