LEES

LEER

LEEF

DIE WOORD

Ons wêreld is alles behalwe stil.  Oral is daar stemme wat opgaan.  Jy praat en ander praat.  Selfs die stiltes praat.  En dan het jy ook nog in jou binnemens gesprekke met jouself.  Jy hoor dit ook: wees vriendelik, gasvry, en vergewe.  Ja, maar ... en wat van ... 

virNOU

Die Woord van God is die reël vir geloof en lewe, en daarom altyd relevant.  Dit is 'n Woord virNOU.  Ons wil VERSTAAN wat in die Woord van die Here geskrywe is.

virMY

Die Woord van God werk in ons wat glo (I Th. 2:13).  Hierdie Woord van God is ook virMY bedoel.  Wanneer ek die Woord verstaan
sal dit my VERNUWE.

virANDER

God sluit niemand uit nie.  Dit is nie net 'n Woord virNOU en virMY nie, dit is ook 'n woord virANDER.  Daarom wil ons God se boodskap VERKONDIG.

JY IS WELKOM BY ONS

GELOOFSGEMEENSKAP

Aanlyn

Ons plaas elke Sondag om 09:00 'n nuwe boodskap op Facebook en YouTube.  Waar jy is, wanneer dit jou pas.

Brandwag

English Service
SUNDAYS
11:00
@ Garden Route Safari Camp

Mosselbaai

Afrikaanse byeenkoms
Volg gerus ons sosiale netwerke vir kennisgewings van ons Leef die Woord in persoon kuiers.

NUUTSTE BLOGS

PRAAT MET ONS

HOE KAN ONS HELP?

Ek wil Jesus aanneem

Ons is van mening dat almal 'n volgende stap het om te neem om in hul verhouding met Jesus te groei.  Ons wil vir jou die geleentheid bied om jou volgende stap te neem deurdat jy Jesus deur die geloof as jou persoonlike Saligmaker en Verlosser aanneem.

Ek wil gedoop word

Die doop is 'n stap van gehoorsaamheid en demonstreer persoonlik dat ons Jesus vir ons redding vertrou het.  Tydens die doop word ons onder water gedompel om met die dood en begrafnis van Jesus te identifiseer en uit die water opgelig om met Sy opstanding te identifiseer.

Ek het 'n gebedsversoek

Die lewe voel soms oorweldigend, en in sulke oomblikke is dit of hoop ver weg is.  Worstel jy met goed, en dit voel vir jou of jy nie 'n deurbraak of oorwinning kry nie?  Ons wil graag saam met jou bid en die Here saam met jou vir 'n deurbraak en oorwinning vertrou.

Bybel leesplanne op YouVersion

Ons is bevoorreg en dankbaar om verskeie Afrikaanse Bybel leesplanne op die YouVersion Bybel toepassing te hê.  Hierdie kort oordenkings sal jou bemoedig en aanmoedig om te volhard in die geloof.

Finansiële Ondersteuning

Leef die Woord Bediening
Capitec Besigheidsrekening
Rekening: 105 254 3022

Kliek op die skakel vir
Bydraes met YOCO

© Leef die Woord 2001-2026