Baie welkom by ons
Leef die Woord is ‘n geloofsgemeenskap in die pragtige Mosselbaai.
Ons wil saam met jou lees, leer en leef wat in die Goeie Woord
van die Here opgeneem is oor hoe ons dissipels van
Jesus Christus moet wees.
Baie welkom by ons
Leef die Woord is ‘n geloofsgemeenskap in die pragtige Mosselbaai. Ons wil saam met jou lees, leer en leef wat in die Goeie Woord van die Here opgeneem is oor hoe ons dissipels van Jesus Christus moet wees.
Lees, leer & leef die Woord
virNOU
Die Woord van God is die reël vir geloof en lewe, en daarom altyd relevant. Dit is ‘n Woord virNOU. Ons wil VERSTAAN wat in die Woord van die Here geskrywe is.
virMY
Die Woord van God werk in ons wat glo (I Th. 2:13). Hierdie Woord van God is ook virMY bedoel. Wanneer ek die Woord verstaan
sal dit my VERNUWE.
virANDER
God sluit niemand uit nie. Dit is nie net ‘n Woord virNOU en virJOU nie, dit is ook ‘n woord virANDER. Daaom wil ons God se boodskap VERKONDIG.
Sewe dae gebed & vas
Nuutste preek
Is jy bereid om standpunt vir jou geloof in te neem? Ons moet onsself oefen om ‘n voor God en mense ‘n rein gewete te handhaaf.
Waar jou hart tuis kom
In ‘n KleinGroep sal jou hart tuis kom en sal ons ons harte vir jou storie verruim. In ons KleinGroepe skep ons die ruimte vir mense om intensioneel hul lewens met ander te deel, geestelik saam te groei en mekaar te ondersteun in die hoogte- en laagtepunte van die lewe.
Jesus, Saligmaker
Ons is van mening dat almal ‘n volgende stap het om te neem om in hul verhouding met Jesus te groei. Ons wil vir jou die geleentheid bied om jou volgende stap te neem deurdat jy Jesus deur die geloof as jou persoonlike Saligmaker en Verlosser aanneem.
Die doop
Die doop is ‘n stap van gehoorsaamheid en demonstreer persoonlik dat ons Jesus vir ons redding vertrou het. Tydens die doop word ons onder water gedompel om met die dood en begrafnis van Jesus te identifiseer en uit die water opgelig om met Sy opstanding te identifiseer.
Geestelike groei
Dit is noodsaaklik dat jy sal begryp wat jou identiteit in Christus behels en dat jy geestelik sal groei deurdat jy intensioneel sal wees ten opsigte van geestelike dissiplines soos onder andere Bybellees, gebed, aanbidding, om ‘n ware aanbidder en getuie te wees, ensovoorts.
Het jy 'n gebedsversoek?
Daar is tye wanneer die lewe oorweldigend is en in hierdie oomblikke kan dit soms voel asof hoop ver weg is. Miskien worstel jy met goed en dit voel vir jou asof jy nie ‘n deurbraak of oorwinning kry nie. Deur gebed verskuif ons die perspektief na die Een wat luister en ons waarlik help. Maak nie saak wat jy in die gesig staar nie,
ons wil graag saam met jou bid!
In die skadu van Sy wingerd is ‘n studie oor Hooglied waarin jy opnuut weer bewus sal word van Jesus se onmeetbare en oneindige liefde vir jou. ‘n Verhouding soos geen ander nie. In hierdie boek neem jy jou verhouding met Jesus Christus onder die loep. Jy word opnuut weer bewus van wat Jesus vir jou aan die kruis gedoen het — en jy besef hoe groot Sy genade is. In jou sal die begeerte opvlam om as deel van die Bruid van Jesus Christus jouself gereed te maak vir die Bruidegom. Jy is deel van hierdie hemelse roman.
Bybel leesplanne op YouVersion
Ons is bevoorreg en dankbaar om verskeie Afrikaanse Bybel leesplanne op die YouVersion Bybel toepassing te hê. Hierdie kort oordenkings sal jou bemoedig en aanmoedig om te volhard in die geloof.
Nuwe leesplan
Staan weer op
Daar word gesê, en dit is waar en reg, dat jy altyd een keer meer as wat jy geval het, moet opstaan en dat jy nie
in die stof van teleurstelling en verslaentheid moet bly lê nie.
Die vraag is egter hoe
kry ‘n mens dit reg?