Raak betrokke
God wil jou gebruik om ander te bereik
God en gesinne, gemeentes en gemeenskappe
Matt. 28:19
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Om die hart en hande van God te wees in die gesin, gemeente en gemeenskap.
Ons wil in hierdie krom en verdraaide wêrels skyn
soos ligte (Fil. 2:15). So wil ons dan geen hindernis in die pad
lê van diegene wat hulle tot God wil bekeer nie (Hand. 15:19).
Goeie Nuus moet gedeel word
“Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo …” (Rom. 1:16)
JY IS WELKOM BY ONS
GELOOFSGEMEENSKAP
Mosselbaai
Afrikaanse byeenkoms
SONDAE
18:00
@ De Huijs (H/v Bland- & Fieldstraat)
Brandwag
English Service
SUNDAYS
11:00
@ Garden Route Safari Camp
“En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om ‘n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak” (Matt. 4:18-19).
Hier is vir jou plek en geleentheid
RAAK BETROKKE
Sluit aan
Jy is baie welkom by enige van ons geloofsgemeenskappe. Ons doelbewuste missionale verbintenis is om die hart van God in die gesin, gemeente en gemeenskap uit te bou en uit te leef.
Neem deel
Leer meer God se hartklop; en leef dit saam met ons uit. Jy is baie welkom om ons uitreike, kampe, gesprekke en seminare mee te maak. Ons het ‘n hart vir God, gesinne, gemeentes en gemeenskappe. Sluit aan by ons WhatsApp kanaal en bly in ritme.
Dra by
Ons het groot waardering vir die finansiële ondersteuning wat ons van ons vriende en vennote in die bediening ontvang. Dankie dat jy ons help om God se hartklop te laat hoor en beleef.
Ondersteun Leef die Woord
Leef die Woord Bediening
Capitec Besigheidsrekening
Rekening: 105 254 3022
Epos
Skakels
© Leef die Woord 2001-2026